Image
Image

Gis en Gons glo dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves. In ‘n gejaagde wêreld, waar kitsmetodes en kitskosse en kitsoplossings hoogty vier, wil ons teruggaan na die basiese metodes soos wat dit deur die eeue deur ons voorgeslagte beoefen is. Ons wil onnodige chemikalië, gifstowwe, preserveermiddels en kleurmiddels probeer uitskakel en die Godgegewe natuurlike metodes weer in ere herstel.

Ons is twee gewone vroue wat eerste lief is vir God, Sy skepping en Sy mense. Ons is dankbaar teenoor ons Hemelse Vader omdat Hy ons algaande bewus gemaak het van die toksiese wêreld waarin ons elke dag leef. Omdat Hy ons liefhet, gun Hy ons die beste.

Ons is passievol om waar ons kan, ons liggame te help om weer ‘n gesonde mikrobioom te kweek. Om gefermenteerde kosse te eet is die beste natuurlike manier om dit te bereik.

Broodbak is een van die eerste stappe, omdat suurdeeg die brood “vooraf verteer” en dit dus ‘n gesonde alternatief maak waarmee jy in jou eie huis kan begin – tot seën vir jou eie gesin, maar ook om ‘n saadjie van hoop vir jou naaste te plant. Liefde vir jouself begin deur na jou eie welstand om te sien.  Liefde vir jou naaste begin deur ook na die welstand en gesondheid van die mense met wie jy in aanraking kom, om te sien.  So kan ons gesonde tempels wees tot eer van Sy Naam. Ons wil ander graag aanmoedig, bemoedig en inspireer om betrokke te raak in hul huise, om weer die waarde te besef van brood breek om ‘n tafel, saam etenstye te geniet en liefde onder mekaar te deel.

Suurdeegwerkswinkels

Image

Ons bied werkswinkels aan om saam te leer om verskillende suurdeegbroodjies te bak.

Vir verdere inligting, stuur 'n e-pos aan: gisengons@joba.co.za